Z is vir Zackie Reeks

View as Grid List
Sort by
Display per page

Z is vir Zackie 10: Die vreemde fossiel

Zackie en Vincent is op soek na fossiele! Dalk is daar ’n T-rex in die tuin begrawe … Of ’n trikeratops in die parkie … Of ’n stegosourus op die sypaadjie! Almal dink hulle is laf. Daar is tog nie fossiele in Granaatstraat nie. Maar dan ontdek hulle iets fantasties!
65,00 (ZAR)

Z is vir Zackie 1: Die Rowwe resies

Die oorspronklike Zackie Mostert-reeks het reeds duisende aanhangers – en nou is daar ook ’n leesreeks, perfek vir beginnerlesers. Elke boek bevat helder volkleurillustrasies en maklik verstaanbare teks wat die prettige stories vir jong lesers toeganklik maak. Zackie se avonture saam met sy hond, Frankenstein, sy beste vriend, Vincent, die moeilikheidmaker Anton en die kwaai buurvrou, mevrou Langenhoven, maak dit hope pret om te leer lees!
65,00 (ZAR)

Z is vir Zackie 2: Die Padda-poets

Een reënerige dag ontdek Zackie en Vincent ’n padda in die tuin. Hy is slymerig en vol vratte. Hulle hou sommer dadelik van hom. En hulle kry ’n briljante plan. Hulle gaan die padda saam skool toe vat. In hulle klas is ’n tweeling, Lina en Nina. Hulle gaan baie groot skrik vir die padda. Maar toe Anton die padda in die hande kry, is daar groot moeilikheid!
65,00 (ZAR)

Z is vir Zackie 3: Die beste boomhuis

Zackie en Vincent bou ’n boomhuis. Dit gaan die beste boomhuis in Granaatstraat wees! Zackie se suster en haar maat wil ook daarin speel. Maar Zackie en Vincent is nie lus om op pienk kussings rond te sit en met teestelle te speel nie. Daarom maak hulle ’n bordjie waarop staan: GEEN MEISIES! Sal hulle die meisies uit hul boomhuis kan hou? Zackie and Vincent are building a tree house. It’s going to be the best tree house in Granaat Street! Zackie’s sister and her best friend also want to play in the tree house. But Zackie and Vincent definitely don’t want to sit around on pink pillows a play with tea sets. So, they make a sign saying: NO GIRLS ALLOWED. Will they manage to keep the girls out of their tree house?
65,00 (ZAR)

Z is vir Zackie 4: Die perfekte pizza

Zackie en Vincent gaan saam mark toe. Die mark is groot pret. Daar is allerhande oulike stalletjies waar hulle kan rondsnuffel. En daar is lekker kos. Hulle kan nie wag om die heerlike pizza te proe nie. Maar Anton, die grootste boelie in die skool, is ook by die mark. En hy is ook lus vir pizza! Hoe gaan Zackie keer dat Anton hulle pizza opeet? Zackie and Vincent are on their way to visit the market. It’s always great fun. People sell all sorts of interesting things at the market. And of course there’s always yummy food. Zackie and Vincent can’t wait to taste the fantastic pizza. But Anton, the biggest bully in school, is also at the market. And he’s also in the mood for some pizza! Will Zackie be able to save their pizza before greedy Anton sinks his teeth into it?
65,00 (ZAR)

Z is vir Zackie 5: Die pretpark

Zackie en Vincent kan nie wag nie. Hulle gaan vandag pretpark toe! Daar is ’n Groot Wiel, ’n Wilde Wipwa en ’n Spooktrein. Maar Anton, die skool se grootste boelie, is ook by die pretpark. Toe hy vir Vincent begin terg, besluit Zackie om hom ’n les te leer!
65,00 (ZAR)

Z is vir Zackie 6: Die tent-avontuur

Zackie en Vincent is opgewonde. Hulle gaan saam met Zackie se pa kampeer. Die hele naweek lank gaan hulle visvang, voëls kyk en om die kampvuur kuier. Maar Anton en sy pa gaan ook vir die naweek kampeer. Anton is ’n boelie en hy terg graag ander kinders. Gaan hy dit regkry om Zackie en Vincent se naweek te bederf?
65,00 (ZAR)

Z is vir Zackie 7: Die woeste toertjie

Zackie en Vincent wil aan ’n fotokompetisie deelneem. Die beste foto’s kan groot pryse wen. Zackie besluit om sy skaatsplank te gaan haal vir die beste aksiefoto ooit. Maar Anton, die boelie, het ander planne ... Zackie and Vincent decide to enter a photography competition. The best photos can win big prizes. Zackie fetches his skateboard for the best action photo ever. But Anton the bully has other plans ...
65,00 (ZAR)

Z is vir Zackie 8: Die slymerige slakke

Mevrou Langenhoven se tuin is vol slakke! Zackie en Vincent besluit om die slakke te vang. Dit is groot pret! Boonop kry hulle ’n beloning. Mevrou Langenhoven bak vir hulle lekker koekies! Maar Anton, die boelie, wil al die koekies eet ... Mrs Langenhoven’s garden is full of snails! Zackie and Vincent decide to catch the snails. It’s loads of fun! And they even get a reward for the hard work. Mrs Langenhoven bakes them some delicious cookies. But Anton the bully wants to eat all the cookies ...
65,00 (ZAR)

Z is vir Zackie 9: Die dieretuin

Vandag is ’n spesiale dag. Zackie se klas gaan dieretuin toe! Hulle kan nie wag om die leeus, olifante, apies en ander diere te sien nie. Maar Anton gaan ook saam. Anton is ’n boelie. Hy hou vreeslik baie van spog. En hy gaan sy bes probeer om almal se dag te bederf.
65,00 (ZAR)