Tienerboeke 15+

View as Grid List
Sort by
Display per page

Asem Spesiale uitgawe

’n Aangrypende grootword-verhaal oor verslawing, tweede kanse en wat dit beteken om jouself waarlik te vind. ’n Kragtoer van ’n boek wat nooit die leser met maklike antwoorde onderskat nie. Asem hoort op elke tiener se boekrak.
250,00 (ZAR)

Die perfekte brander

Stories oor die pyn en vreugdes van verlief wees. Stories oor die waagmoed, twyfel en uitdagings van jonk wees. Stories wat jou sal laat glimlag of ’n traan laat wegvee. Stories wat wéét hoe dit voel om sestien te wees. Bekende skrywers soos Christine Barkhuizen le Roux, Christo Davids, Carina Diedericks-Hugo, Nelia Engelbrecht, Jaco Fouché, HemelBesem, Jaco Jacobs, Eldridge Jason, Anzil Kulsen, Christien Neser, Nathan Trantraal, Jan van Tonder, Jan Vermeulen, Elizabeth Wasserman en Fanie Viljoen span saam met ’n klompie opwindende nuwe stemme in hierdie fantastiese nuwe bloemlesing wat op ouer tieners gemik is. Marieta Nel en Adinda Vermaak het as samestellers reeds twee topverkoper-kortverhaalbundels die lig laat sien: Sweef (2009) en Skreeu (2010). Albei bloemlesings het wyd lof ingeoes en is landwyd deur skole voorgeskryf. Hul nuutste bloemlesing bevat 28 splinternuwe stories deur van die mees gerekende skrywers in Afrikaans. Dit is gemik op lesers in graad 10 en 11 en is net so vars, vernuwend en toeganklik soos sy voorgangers.
200,00 (ZAR)

Skreeu en ander verhale

Soos ’n vuishou in die maag. So tref hierdie bundel kortverhale vir tieners jou. Van die bekendste skrywers in Afrikaans span saam vir ’n boeiende leeservaring. Al die stories in hierdie bundel het een ding gemeen – hulle is uit die perspektief van hedendaagse jongmense geskryf en takel kwessies waarmee tieners hulle sterk kan vereenselwig. Die 30 splinternuwe kortverhale in hierdie bundel is geskryf deur 22 uiteenlopende skrywers – van bekende skrywers soos Jan van Tonder, Riana Scheepers, Martie Preller en Jaco Jacobs tot opwindende nuwe stemme soos Lydia du Plessis en Arnold Vermaak.
200,00 (ZAR)