Kinderboeke 9+

View as Grid List
Sort by
Display per page

1001 Grappe

Lus om die jongklomp te laat lag? Hierdie lawwe versameling met 1 001 grappe sal kinders ure lank laat skaterlag. Daar is blondinegrappe, skoolgrappe, grillerige grappe, gloeilampgrappe, lawwe rympies, snaakse sêgoed, kopkrappers en olifant-grappe.
240,00 (ZAR)

Aksieheld Austin 3: Onheil op Skedelbaai

Ligte, kamera, aksie! Ewald het nie ‘n bang haar op sy kop nie – veral omdat hy deesdae die ster van die supergewilde Aksieheld Austin-rolprente is! Die derdie fliek, Onheil op skedelbaai, word op ‘n geheimsinnige eiland verfilm en dadelik begin dinge verkeerd loop. Die vliegtuig beland amper in ‘n ongeluk, iemand probeer Ewald met ‘n mes steek toe hy afswem na die skeepswrak, Sonia Blom word amper van die lighuis se trappe afgegooi – en daar is ‘n reusehaai wat in die baai rondwem. Dan is daar nog Melita – die geheimsinnige meisie wat glo die eiland is vervloek. Sy waarsku dadelik vir Ewald en Cardo dat mense wat te veel weet van wat op die eiland aangaan, sterf. Hierdie asemrowende reeks avontuurverhale uit die pen van Fanie Viljoen is perfek vir jong lesers wat hou van stories propvol aksie en adrenalien!
150,00 (ZAR)

Aksieheld Austin 1: Operasie Sabotasie

Ewald is baie opgewonde toe hy die rol van Aksieheld Austin in ’n fliek losslaan. Maar iets is nie pluis op die filmstel nie. Dit lyk asof ’n regte skurk die rolprent probeer saboteer. As Ewald die fliek wil red, sal hy so dapper soos ’n REGTE aksieheld moet wees ... Ewald is very excited about his movie role as Action Hero Austin. But something isn’t quite right on the set of the film. It seems a real-life crook is dead-set on sabotaging the movie. If Ewald wants to save the movie, he will have to be just as brave as a REAL action hero ...
150,00 (ZAR)

Aksieheld Austin 2: Nag van grille

Ligte, kamera, aksie! Ewald is nog op laerskool, maar sy naam is reeds op almal se lippe. G’n wonder nie – hy is immers die ster van die gewilde Aksieheld Austin-rolprente. In die flieks is hy ’n dapper held met vuiste soos kanonkoeëls wat skurke laat les opsê! Die tweede fliek, Aksieheld Austin: Nag van grille, is pas voltooi, en Ewald kan nie wag vir die bekendstelling nie. Dit gaan by ’n ou fliekteater in die stad gehou word. Maar die middag voor die vertoning gaan maak Ewald en sy beste vriend, Carlo, ’n draai by die grillerige ou fliekmuseum wat deel van die teater is. Kort voor lank is hulle vasgekeer in die museum – saam met ’n geheimsinnige figuur wat in die donker rondsluip … As hulle wil ontsnap, sal Ewald hierdie keer net so dapper soos ’n REGTE aksieheld moet wees! Hierdie asemrowende reeks avontuurverhale uit die pen van Fanie Viljoen is perfek vir jong lesers wat hou van stories propvol aksie en adrenalien!
150,00 (ZAR)

Die swakste restaurant in die heelal

n Skreeusnaakse versameling skaterlagstories! Kom eet by die Swakste Restaurant in die Heelal. Vind uit wat gebeur as jy met supergom aan die mooiste meisie in die skool vasgeplak word. Ontmoet die seun wat Arnold Schwarzenegger se springmielies geëet het. Gee vir tannie Breggie ’n ou soentjie – as jy dapper genoeg is! Vind uit hoe ’n mens toonkonfyt maak. En ontdek hoe ’n bol kougom die wêreld kan red ... GIGGEL, GIL, BRUL, PROES, SNORK en SKATER van die lag met hierdie versameling skreeusnaakse stories uit die pen van die gewilde Jaco Jacobs. Hierdie bundel kortverhale bevat tien stories wat gewaarborg is om jong lesers se lagspiere oortyd te laat werk.
195,00 (ZAR)

Jamie en Sebastiaan-Omnibus

amie en Sebastiaan is terug in ’n fantastiese omnibus Maak gereed vir baie kattekwaad! Die geliefde Jamie en Sebastiaan-verhale is terug met ’n nuwe baadjie. Beleef allerhande avonture saam met Jamie en Sebastiaan, die spekvet, pratende kat – van noue ontkomings uit die hande van ’n ontvoerder en glibberige woestyntunas, tot die soektog na die vermiste storiemol. Jamie en Sebastiaan Van die eerste oomblik toe Jamie vir Sebastiaan in die groentetuin sien lê het, het hy geweet hier kom moeilikheid. Sommer GROOT moeilikheid! Sebastiaan is nie net ʼn gewone kat nie. Hy is ʼn spekvet, grysgestreepte kat wat boonop kan praat! Al wat hy eet is tuna en room, want dit is wat die kattedokter in die Kaap vir hom voorgeskryf het. Ouma Katie dink Sebastiaan is ’n dierbare ou katjie, maar Jamie weet van beter. Hy weet dat dit Sebastiaan was wat die skoolhoof se tunatert opgevreet het EN wat hulle amper in die kloue van ‘n smerige ontvoerder laat beland het EN wat ʼn wrede seerower se houtbeen gesteel het EN wat die glibberige woestyntunas so kwaad gemaak het dat hulle hom wou opkerf en in blikkies verpak … Jamie en Sebastiaan en die storiemol In die tweede boek kry Jamie en sy kat, Sebastiaan, ʼn baie belangrike opdrag – hulle moet die storiemol gaan soek. Die storiemol het spoorloos verdwyn en sonder haar sal al die stories op aarde opdroog. ’n Wêreld sonder stories sal ’n aaklige plek wees. Daarom vertrek Jamie en Sebastiaan dadelik op hul nuutste avontuur met die hulp van ʼn slim sprinkaan en ʼn pratende hysbak!
250,00 (ZAR)