Kinderboeke 11+

View as Grid List
Sort by
Display per page

101 nagmerries

Kom ontmoet die monsters onder jou bed ... Spoke. Vampiere. Weerwolwe. Monsters. Wesens uit die buitenste ruimte. Hierdie briljante bibberboek bevat 101 stories, rympies en strokiesverhale wat jou hare sal laat regop staan, jou yskoue rillings sal gee – en jou tone sal laat omkrul van lekkerkry!
300,00 (ZAR)

Dromers

Dans is Byron Carelse se hele lewe. Wanneer die ritme sy lyf beetkry, vergeet hy van die probleme by die huis. Op ’n dag sien iemand Byron en ’n groep ander township-kinders se talent raak. Byron kry die kans om groot drome te droom. Maar wat doen jy as die lewe jou drome probeer steel?
160,00 (ZAR)

'n Goeie dag vir boomklim

Marnus is moeg daarvoor om in sy twee broers se skadu te leef. Maar toe ’n meisie genaamd Leila hom een oggend vra om ’n petisie teken, is dit die begin van ’n onverwagse avontuur. Marnus beland saam met Leila bo in ’n boom in ’n desperate poging om te keer dat dit afgekap word. En uiteindelik kry Marnus ’n kans om raakgesien te word …
190,00 (ZAR)

Middernagfees

Is jy gereed vir ’n middernagfees? Vampiere, weerwolwe, 'n zombie-poedel, besoekers uit die buitenste ruim, 'n monstertoilet ... Dit is net 'n paar van die vreemde en vreeslike goed op die spyskaart in hierdie heerlike bibberboek!
180,00 (ZAR)

Oor 'n motorfiets, 'n zombiefliek en lang getalle wat deur elf gedeel kan word

Martin Retief se hele lewe verander toe sy pa een middag stilhou om aandete te koop. Maar dan ontmoet Martin vir Drikus. Drikus wat aan ’n siekte ly en sy eie zombiefliek wil maak. Wat volg is ’n avontuur vol skouhoenders, skelms, mooi meisies, wiskunde, kammabloed en zombies.
195,00 (ZAR)

Perfek

Blonde hare ... Helderblou oë ... ’n Skitterwit glimlag ... Natasja is perfek. Dit besef Jak die oomblik toe sy by die klas se deur instap. Maar hy is net ’n doodgewone ou. Hoe kan hy die mooiste meisie in die skool se aandag trek? Julia, sy beste vriendin, het ’n plan ...
160,00 (ZAR)